Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

WITSOUS

80 ml ( k) botter

80 ml ( k) koekmeel

500 ml (2 k) melk

1 kaneelstokkie

sout en vars gemaalde peper

LASAGNE

6 lasagnevelle, in kookwater geweek

3 hoenderborsies, gaar en gepluis

1 groot botterskorsie, in blokkies gesny en gekook tot gaar

BOLAAG

100 g gerasperde wit cheddarkaas

30 ml (2 e) pampoenpitte

Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit ’n groot broodpan of ander oondbak met kossproei.

  1. Witsous Verhit die botter in ’n kastrolletjie en roer die meel deur. Klits die melk geleidelik by die meelmengsel. Voeg die kaneelstokkie by en roer tot die sous begin verdik. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  2. Lasagne Pak die sous, lasagne, hoender en botterskorsie in lae in die bereide pan of oondbak.
  3. Bolaag Sprinkel die kaas oor en bak 45 min. in die oond of tot gaar. Sprinkel die pitte oor en sit voor saam met slaai.