Maak 8 kwarte

Bereiding: 7 minute

Gaarmaaktyd: 7 minute

1 rooi soetrissie, ontkern en in klein blokkies gesny

100 g spinasie, fyn gesny

375 ml (1½ k) gerasperde cheddarkaas

1 wiel fetakaas, gekrummel

60-80 ml (¼ ¹/³ k) natuurlike jogurt

helfte van ’n blik (340 g) heelpitmielies

hand vol gekapte koljanderblare

paar druppels tabascosous

4 tortillas

guacamole

Meng die soetrissie, spinasie, kase, jogurt en mielies en geur met ’n hand vol gekapte koljanderblare en tabascosous.

Plaas ’n tortilla op ’n werkoppervlak en smeer van die mengsel oor.

Plaas ’n ander tortilla bo-op.

Herhaal met die ander tortillas en die res van die mengsel.

Verhit ’n riffelpan tot goed warm en braai die tortillas aan een kant tot goed gerooster.

Draai om deur om te keer op ’n bord en dan weer terug te gly in die pan met die ander kant na onder. Braai tot die kaas gesmelt is.

Sny in stukke en sit voor met guacamole.