GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 35-40 min.

4 groot eiervrugte

sout en vars gemaalde swartpeper

2 ml (½ t) fyn komyn

45 ml (3 e) olyfolie

2 rooi-uie, in skyfies gesny

200 g mozzarellakaas, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit en bespuit met kossproei.

  1. Sny die eiervrugte in skywe, maar moenie deur die een punt sny nie sodat die skywe nog aan mekaar vassit. Druk liggies plat sodat
  2. die eiervrug soos ’n waaier uitsprei.
  3. Geur die eiervrugte tussen die skywe met die sout, peper en komyn. Smeer met die olyfolie.
  4. Sit die uie en mozzarella tussen die eiervrugskywe en pak op die bereide bakplaat.
  5. Rooster 35-40 min. of tot gaar. Sit voor met vars basilie en groenslaai.

Smeer sondroë-tamatiepesto tussen die eiervrugskywe en sprinkel fetakaas oor pleks van mozzarella.