Bereiding: 20 minute|

Baktyd: 15 minute

Genoeg vir 6 mense

Harissa

8 droë brandrissies

30 ml (2 e) droë brandrissievlokkies

2,5 ml (½ t) karwysaad

2,5 ml (½ t) koljandersaad

2,5 ml (½ t) komynsaad

2 takkies vars kruisement

5 ml (1 t) droë tiemie

45 ml (3 e) olie

sout en peper

5 knoffelhuisies

die sap van 1 suurlemoen

410 g (1 blik) keker-ertjies

50 g kersietamaties

Brioche

250 ml (1 k) meel

7,5 ml (1½ t) suurdeeg

10 ml (2 t) suiker

’n knippie sout

2 eiers

45 ml (3 e) melk

’n knippie saffraan

Harissa Sit die brandrissies in ’n bak en bedek vir 20 minute met kookwater. Verhit ’n pan oor medium hitte en braai al die sade tot geurig. Voeg dit by die kruisement en maal tot ’n poeier.

Druk die brandrissies om die water te dreineer en plaas in ’n voedselverwerker saam met die speserye, olie, sout en peper, knoffel en suurlemoensap. Verwerk tot dik en glad.

Plaas 15 ml (1 e) van die harissa-pasta in ’n pan oor medium hitte en laat 2 minute borrel. Voeg die keker-ertjies en tamaties by en kook 5 minute.

Brioche Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die meel, suurdeeg, suiker en sout. Klits die eier, melk en saffraan saam en gooi dit oor die meelmengsel. Meng die bestanddele tot ’n gladde deeg. Sit die deeg op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en maak die deeg glad.

Sit die deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is, bedek en plaas vir 1 uur op ’n warm plek sodat die grootte kan verdubbel.

Verdeel die deeg in muffinpanne. Laat rys 15 minute en bak 15 minute of tot goudkleurig.

- Hope Malau