Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Lewer 6 koekies

500 ml (2 k) quinoa

5 ml (1 t) olie

125 g sampioene, fyn gekap

2 groot wortels, gekap

½ ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

1 eier

45 ml (3 e) meel

sout en peper na smaak

30 ml (2 e) vars pietersielie, fyn gekap

5 ml (1 t) Cajun-speserye

Kook die quinoa volgens die aanwysings op die verpakking.

Verhit ’n braaipan oor medium hitte.

Voeg die olie, sampioene, wortels, ui en knoffel by.

Kook terwyl jy roer vir 5 minute of tot sag.

Sit eenkant om af te koel.

Voeg die gaar quinoa by en roer die eier, meel, sout en peper, pietersielie en Cajun in.

Verhit dieselfde pan oor medium hitte.

Druk die mengsel ferm op ’n bord of snyplank om ’n koekie te vorm.

Bak twee koekies op ’n slag vir 5 minute weerskante of tot goudkleurig.

Sit voor met bruin sampioene bedek met sondroë tamaties.

- Hope Malau