300 g broccoli, geblansjeer

1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer

4 songedroogde tamaties, gekap

250 ml (1 k) witsous

250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper

sout en peper na smaak

8 gaar pannekoeke

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Meng die broccoli, kekerertjies, tamaties, witsous en die helfte van die mozzarellakaas, en geur met die sout en peper.
  2. Verdeel die mengsel tussen die pannekoeke en rol op.
  3. Pak in ’n bak en sprinkel die res van die mozzarella oor.
  4. Bak 10-15 minute tot warm en tot die kaas effens bruin is.