Genoeg vir 4-6 mense

30 ml (2 e) olyfolie

250 g blomkool, in klein blomme gebreek

150 g wortels, in stukke gesny

120 g groenbone, in stukke gesny

230 g botterskorsie, in klein blokkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

500 ml (2 k) tuisgemaakte tamatiesous

300 g groen tagliatelle

100 g cheddarkaas, gerasper

boontjiespriete vir garnering

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n middelslagoondbak.

Verhit die olyfolie en braai die groente ’n bietjie op ’n slag oor baie hoë hitte.

Geur met sout en peper.

Roer die tamatiesous by en hou eenkant.

Kook die tagliatelle tot al dente.

WITSOUS:

60 g botter, 60 ml meel, 300 ml melk, sout en peper

Verhit die botter en roer die meel by.

Roer sowat 2 minute tot ’n dik pasta vorm.

Roer die melk by en klits tot ’n dik witsous vorm.

Geur met sout en peper na smaak.

Pak die pasta in die voorbereide bak en skep die groente bo-op.

Giet die witsous oor die groente en rond af met die kaas.

Bak sowat 20 minute en garneer met boontjiespriete.

Sit voor saam met slaai en brood.

Volg Huisgenoot op Twitter.