Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

Genoeg vir 6 of meer mense

8 velle filodeeg

200 g botter, gesmelt

Vulsel

15 ml (1 e) olie

5 preie, in skywe gesny

6 groot eiers

375 ml (1½ k) room

5 ml (1 t) brandrissievlokkies

125 ml (½ k) parmesaankaas, gerasper

5 murgpampoentjies

300 g spinasie, fyn gekap

10 vars heel aspersies

1.    Voorverhit die oond tot 180°C. Lê die filovelle op mekaar neer en sny hulle in vierkante. Verf die vierkante met botter en voer ’n gesmeerde, vierkantige tertpan met hulle uit.

2.    Vulsel Braai die preie in ’n geoliede pan tot deurskynend en sit eenkant om af te koel.

3.    Meng die eiers, room, brandrissievlokkies en parmesaan in ’n groot beker of bak.

4.    Skep die helfte van die preie en murgpampoentjies in die filodeeg-tertdop en giet die eiermengsel oor die groente.

5.    Bedek die tert met die oorblywende groente en plaas dit in ’n bakplaat. Bak vir 35 minute of tot geset in die middel.

- Hope Malau