Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 25 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

1 eiervrug, gekap

10 kersietamaties, gehalveer

2 ml (½ k) komynsaad

4 knoffelhuisies, gekap

45 ml (3 e) olie

sout en vars gemaalde swartpeper

HARISSAPASTA

60 ml (¼ k) droë brandrissies, bedek met kookwater en 20 minute geweek

2 ml (½ t) karwysaad

5 ml (1 t) komynsaad

5 ml (1 t) koljandersaad

45 ml (3 e) olyfolie

3 knoffelhuisies

knippie sout

30 ml (2 e) suurlemoensap

VIR VOORSIT

2 blikke (400 g elk) keker-ertjies

’n handvol pietersielie

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Plaas die eiervrug, tamaties, komynsaad, knoffel en olie op ’n bakplaat, geur met sout en peper en bak 30 minute of tot die groente gaar is.

3 Harissapasta: Dreineer die brandrissies en druk die oortollige vloeistof uit.

4 Verhit ’n pan oor matige hitte, voeg die speserye by en rooster 2 minute terwyl jy af en toe roer. Plaas dit saam met die brandrissies in ’n voedselverwerker.

5 Plaas die olie, knoffel, sout en suurlemoensap in die voedselverwerker en verwerk tot ’n puree.

6 Vir voorsit: Skep die groente op ’n bord, voeg die keker-ertjies, harissapasta en pietersielie by, meng deur en sit voor.

WENK: Week die brandrissies terwyl die groente bak.

- Hope Malau