1 pakkie preie, in ringe gesny

3 knoffelhuisies, fyngedruk

olie

250 ml (1k) geroosterde kasjoeneute

125 ml (½ k) geroosterde neutemengsel

250 ml (1 k) sultanas

1 bossie stingeluie

250 ml (1 k) gekapte koljander en pietersielie

750 ml (3 k) gaar bruinrys

soetrissies

MOSTERD-SLAAISOUS

80 ml (? k) sonneblom en/of olyfolie

30-45 ml (2-3 e) suurlemoensap of balsemieke asyn

2-3 knoffelhuisies, fyngedruk

5-15 ml (1-3 t) heuning

5-15 ml (1-3 t) heelkorrel- of Dijonmosterd

HALLOUMI

1 stuk halloumikaas

Braai die preie en knoffel in olie tot gaar.

Voeg die res van die bestanddele by en meng deur.

Sny die koppe van die soetrissies af en sny die wit gedeelte uit.

Skep die rysmengsel in die soetrissies.

MOSTERD-SLAAISOUS

Meng al die bestanddele en giet oor die rysmengsel.

Plaas op die kole en verhit tot effe geskroei buite-om en warm. (Draai andersins toe in tinfoelie.)

In oond:

Plaas op ’n bakplaat en verhit sowat 20 minute tot die soetrissies sag maar steeds stewig is.

HALLOUMI

Braai die halloumi oor die kole of in ’n verhitte pan met olie tot net effe geskroei buite-om.

Plaas bo-op die soetrissiebakkies.

Volg Huisgenoot op Twitter.