Genoeg vir 6 mense

JOGURTMENGSEL

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

5-10 ml (1-2 t) fyn komyn

5 ml (1 t) paprika of koljander

sout en vars gemaalde swartpeper

GROENTE 

30 ml (2 e) olyfolie

1 heel kaneelstokkie

2 kardemompeule, gekraak

1 lourierblaar

2 middelslag-uie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

15 ml (1 t) gerasperde gemmerwortel

250 ml (1 k) botterskorsie, in blokkies gesny en/of 2 wortels, geskil en in stukke gesny

2 groot patats, geskil en in blokkies gesny

125 ml (½ k) water

15 jong groenbone, in 5 cm-stukke gesny

4 murgpampoentjies, in skywe gesny

1 rooi soetrissie, ontkern en in blokkies gesny

500 ml (2 k) blomkool en broccoli, in blommetjies gebreek

1 blik (400 g) kekerertjies of botterbone, afgespoel en gedreineer

30 ml (2 e) vars koljanderblare, fyn gekap

fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen

10 ml (2 t) geroosterde sesamsaad of kasjoeneute (opsioneel)

gesmoorde mosterdsaad-basmati-rys om mee voor te sit

JOGURTMENGSEL 

Meng die jogurt en fyn speserye en geur na smaak met sout en swartpeper.

Hou eenkant.

GROENTE 

Verhit ’n groot kastrol, giet die olie daarin en voeg die heel speserye saam met die uie, knoffel en gemmer by en meng deur.

Bedek en stoombraai tot geurig (die ui hoef nie sag te wees nie).

Roer die jogurtmengsel in.

Voeg die botterskorsie en/of wortels, patat en water by en laat prut stadig tot halfpad gaar.

Voeg die groenbone, murgpampoentjies en soetrissie by en laat prut ’n paar minute.

Voeg die blomkool en broccoli teen die einde by en verhit tot net warm, maar nie pap gekook nie.

Voeg die kekerertjies by, verhit tot warm, geur met sout en peper en sprinkel die koljanderblare en suurlemoenskil oor.

Strooi die sesamsaad net voor opdiening oor.

Sit voor met gesmoorde mosterdsaad-basmati-rys.