1 rol blaardeeg, ontdooi

1 ui, in fyn skywe gesny

olyfolie vir braai

30 ml (2 e) botter

2 knoffelhuisies, fyngedruk

8 pikantrissies, in blokkies gesny

10 swartolywe

60 ml (¼ k) tamatiepasta of tamatieblatjang

125 ml (½ k) spinasie, grof gekap

60 ml (¼ k) kaas, gerasper

15 ml (1 e) gemengde kruie

1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Rol die deeg in ’n groot reghoek uit en sit dit op ’n gesmeerde bakplaat.

Karamelliseer die ui in die olie en botter.

Voeg die knoffel, pikantrissies en olywe by en laat prut oor lae hitte tot die bestanddele goed gekombineer is.

Smeer die tamatiepasta of -blatjang in ’n strook in die middel van die deeg.

Skep die uiemengsel op die tamatiestrook, bedek dit met die spinasie en gerasperde kaas en strooi die kruie oor.

Sny repe aan weerskante van die deeg; vou die repe van elke kant al om die beurt teen ’n hoek oor die vulsel.

Jy kan die deegrepe rek sodat dit oorkant bykom.

Verf die deegpakkie met die eier en bak dit 25-30 minute of tot goudbruin en bros.

* Sit voor met geroosterde groente of ’n slaai.

Wenk: Jy kan enige vulsel van jou keuse gebruik.