Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

1 pynappel met stronk en al, in kwarte gesny

versiersuiker

GEMMERROOM

45 ml (3 e) gekapte piekelgemmer

250 g roomkaas of mascarpone

VOORSIT

Paasbolletjies, gehalveer en oor kole gerooster

Besprinkel die pynappelskywe se snykante ruimskoots met versiersuiker en braai oor hittige kole tot effe gekaramelliseer.

Sny die pynappel los uit sy skil, maar hou op die skil.

GEMMERROOM

Meng die piekelgemmer by die roomkaas of mascarpone.

VOORSIT

Smeer ’n bietjie piekelgemmer oor Paasbolletjies en plaas die skywe pynappel bo-op.

Druppel gemmerstroop of heuning oor indien verkies.

Volg Huisgenoot op Twitter.