GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

2 groot eiervrugte, in blokke gesny

60 ml (¼ k) olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) botter

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

1 x 410 g-blik gebakte

boontjies in tamatiesous

1 x 410 g-blik gemengde

boontjies, gedreineer

5 ml (1 t) suiker

15 ml (1 e) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bakplaat met tinfoelie uit en bespuit met kossproei.

  1. Versprei die eiervrugte op die bakplaat, giet 45 ml (3 e) van die olyfolie oor en geur met die sout en peper. Meng goed deur en rooster 15-20 min. of tot gaar.
  2. Verhit die botter en die res van die olyfolie in ’n kastrol. Roerbraai die uie en knoffel tot sag. Voeg die tamaties en boontjies by en laat ’n paar minute stadig prut.
  3. Geur met die suiker, suurlemoensap, sout en peper. Meng die eiervrug deur en sit voor met vars basilie op koeskoes.