Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

KORS

6 velle filodeeg, elk met kossproei gespuit of met gesmelte botter gesmeer

PESTO

500 ml (2 k) blaarslaai ’n paar basilieblare

50 g (½ pakkie) okkerneute

2 knoffelhuisies, fyngedruk

50 g pecorino- of sterk verouderde cheddarkaas, gerasper

100 ml olyfolie

VULSEL

500 g oondgeroosterde groente soos botterskorsie, rooi soetrissies, sampioene, broccoli en/of aspersies

1 rolletjie roomkaas, in peper

’n paar kersietamaties

dille

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Kors Voer ’n groot tertbak met die filodeeg uit.
  2. Pesto Plaas die blaarslaai, basilieblare, okkerneute, knoffel en kaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
  3. Voeg die olyfolie deur die tuit by en verwerk tot ’n dik, loperige pasta.
  4. Smeer die pesto oor die filodeeg.
  5. Vulsel Rangskik die groente op die filodeeg. Sny die roomkaas in wieletjies en rangskik dit bo-op. Strooi die tamaties en basilieblare oor.
  6. Bak tot die filodeeg gaar en goudbruin is, die kaas gesmelt en die groente se puntjies effe verbruin het. Skep nog pesto oor en garneer met die dille.
  7. Sit louwarm voor.