125 ml (½ k) gevriesde ertjies, ontdooi

410 ml (1 blikkie) dwergertjies

1 wortel, fyngerasper

5 ml (1 t) vars gemmer

30 ml (2 e) meel

30 ml (2 e) olie

sout en peper na smaak

4 pitabrode

250 ml (1 k) cheddarkaas

slaaiblare

komkommer en gewone jogurt, gemeng

Meng ertjies, dwergertjies, wortel en gemmer in middelslag-bak.

Voeg meel by en meng goed saam.

Druk die mengsel fyn en maak seker dat alle bestanddele goed gemeng is. (Jy kan dit ook in ’n voedselverwerker meng).

Die resultaat moet ’n dik pasta wees.

Rol dit in 8 balletjies en druk effens plat.

Verhit olie in ’n kleefvrye pan oor matige hitte.

Voeg die groente-frikkadelle by en braai 3 minute tot oral bruin.

Sny die pitabrode oop en vul met kaas.

Braai in ’n geoliede pan liggies bruin aan albei kante, sowat 2 minute.

Voeg die blaarslaai, komkommermengsel en die felafel by.

Volg Huisgenoot op Twitter.