Soek jy ’n lekker falafel-resep? Volg dan hierdie een as jy wil hê jou gaste moet nog vra.

Genoeg vir 6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 3 min.

60 ml (¼ k) tahini

10 ml (2 t) fyn komyn

20 ml (4 t) suurlemoensap

1 knoffelhuisie

’n hand vol pietersielie, grof gekap

sout en peper na smaak

Falafels

400 g keker-ertjies, gedreineer en afgespoel

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 sny brood, in melk geweek

sout en peper na smaak

’n hand vol koljander, grof gekap

10 ml (2 t) fyn komyn

olie vir braai

tortillas en mikrogroente, vir voorsit

  1. Meng die tahini, komyn, suurlemoensap, knoffel, pietersielie, sout en peper in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad terwyl jy genoeg water byvoeg om ’n romerige dikte te verkry. Sit eenkant.
  2. Falafels: Plaas al die falafel-bestanddele in ’n voedselverwerker en pols tot net gemeng. Verkoel 20 min. in die koelkas.
  3. Vorm balle van die keker-ertjiemengsel met nat hande. Verhit die olie in ’n kastrol, braai die falafels in sarsies 3 min. en dreineer op papierhanddoek.
  4. Vul die tortillas met die groente en falafels, bedruip met tahini-sous en sit warm voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan