Falafels is ’n lekker peuselhappie vir vegetariërs. Vou dit in ’n tortilla toe saam met slaaiblare vir middagete.

LEWER 10-12 FALAFELS

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

250 ml (1 k) geblikte keker-ertjies

1 ui, in blokkies gesny

2 knoffelhuisies

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

1 ml (¼ t) brandrissievlokkies

5 ml (1 t) bakpoeier

60 ml (¼ k) meel

’n hand vol pietersielie, gekap

’n hand vol koljander, gekap

olie vir diepbraai

  1. Plaas die keker-ertjies en ui in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg die knoffel, komyn, koljander en brandrissievlokkies by. Verwerk tot glad.
  2. Voeg die bakpoeier en meel by die mengsel en verwerk tot die deeg ’n klein bal vorm. Die deeg moenie klewerig wees nie. Voeg nog ’n bietjie meel by indien nodig.
  3. Voeg die pietersielie en koljander by en meng. Rol die deeg in ’n bal, bedek en laat 1 uur verkoel.
  4. Vorm die deeg in balletjies. Verhit die olie in ’n diep pot en diepbraai die falafelballe tot bruin. Dreineer op kombuispapier en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander