enoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

2-3 eiervrugte, in blokkies gesny

15 ml (1 e) olyfolie

1 rooi ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

250 g murgpampoentjies, gerasper

1 blik heel kersietamaties

15 ml (1e) droë gemengde kruie

125 ml (½ k) parmesaankaas, gerasper

’n hand vol gekapte koljander

sout en peper

1 rol filodeeg

gesmelte botter, vir verf

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die eiervrug in ’n gaatjiesbak, besprinkel met sout en laat staan.

Verhit die olyfolie in ’n kastrol, voeg die uie en knoffel by en soteer tot die ui deurskynend is.

Voeg die murgpampoentjie by en roerbraai 1 minuut.

Spoel die eiervrug af en druk met papierhanddoek droog.

Voeg die eiervrug en tamaties by die ui en laat prut 2-5 minute oor lae hitte.

Voeg die kruie, kaas en koljander by en plaas die eiervrugmengsel in ’n oondbak.

Skeur stukke filodeeg af, kartel die stukke en pak hulle styf teen mekaar op die mengsel.

Verf liggies met die gesmelte botter.

Bak 20 minute of tot die deeg goudbruin is.

Volg Huisgenoot op Twitter.