Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur

3 eiervrugte, in skywe gesny

45 ml (3 e) olyfolie

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies

5 ml (1 t) droë oreganum

800 g heel kersietamaties

sout en peper na smaak

5 ml (1 t) rooiwynasyn

’n hand vol basilie

100 g pecorinokaas, gerasper

150 g mozzarella

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit ’n roosterpan oor hoë hitte. Rooster eiervrug 3 minute weerskante en sit eenkant. Verhit olyfolie in ’n groot pot oor matige hitte. Voeg die ui, knoffel en droë origanum by en braai tot sag. Voeg die tamaties by en laat prut 15 minute.
  2. Wanneer die sous verminder het, geur, voeg die asyn en basilie by en kook nog 5 minute.
  3. Skep ’n dun laag tamatiesous in ’n oondvaste bak, voeg 30 ml (2 e) pecorinokaas by en ’n laag eiervrug. Hou aan lae pak tot al die bestanddele gebruik is.
  4. Bestrooi met die mozzarella. Bak ’n halfuur of tot goudbruin.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers