Bedien 4

15ml olyfolie

1 gekapte ui

2 gekapte knoffelhuisies

30 ml Thaise groenkerriepasta

2 eiervrugte in blokkies gesny

2 – 3 patats in blokkies gesny 180 ml kokosmelk Sout en peper vir smaak Vars gekapte koljander 1.    Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel vir 3 – 5 min.

2.    Voeg die kerriepasta by en roer goed tot dit met die uie-mengsel gemeng is.

3.    Voeg die patats by en laat liggies prut oor mediumhitte vir 15 minute of totdat die patats amper sag is.

4.    Voeg die eiervrugte en kokosmelk by en laat liggies kook op lae hitte vir 5 - 10 min. Geur met sout en peper.

5.    Voeg die vars koljander by en bedien.

Foto: David Briers.

Volg Huisgenoot op Twitter.