Deur Sharon Fourie 12/09/2013

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

Genoeg vir 8 tot 10

1 eiervrug, gesny

5 murgpampoentjies in stukke gesny

1 rooi soetrissie, in repies gesny

1 groen soetrissie, in repies gesny

1 broccoli, in blommetjies gesny

1 rooi ui, dun gesny

1 x 410 g rooi nierbone

250 g sampioene, gehalveer

1 x 410 g blik gekapte tamaties

SOUS

2 knoffelhuisies, fyngekap

2 rissies, ontpit en gekap

125 ml (½ k) groente-aftreksel

1 x 50 g (1 sakkie) tamatiepasta

sout en peper

BOONSTE LAAG

250 ml (1 koppie) cheddarkaas, gerasper

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep oondvaste skottel met ’n bietjie olie.
  2. Sny die eiervrug in sirkels, bestrooi goed met sout en laat dit 15 minute sweet in ’n gaatjiesbak om van die bitterheid en oortollige water ontslae te raak.
  3. Pak die skottel uit met die eiervrug, daarna die murgpampoentjie, soetrissies, broccoli en uie.
  4. Spoel die nierbone af met water om die pekelwater te verwyder, dreineer en strooi dan die bone, sampioene en tamaties oor die broccoli.
  5. SOUS Verhit al die bestanddele vir die sous in ’n klein kastrol, geur met sout en peper, laat kook en gooi oor die groente.
  6. Strooi die kaas bo-oor, bedek met foelie en bak ’n uur in die oond of tot al die groente sag is. Sit voor saam met rys, koeskoes of krotons.