Bereiding: 20 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 1 uur

Genoeg vir 4-6 mense

8 aartappels, geskil en in dun skywe gesny

375 ml (1½ k) mozzarella

125 ml (½ k) cheddar

sout en peper na smaak

250 ml (1 k) room

6 knoffelhuisies, fyngemaal

3 tamaties, in skywe gesny

’n hand vol pietersielie, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n 20 cm-koekpan uit met bakpapier.

  1. Rangskik ’n laag aartappelskywe op die bodem. Meng die kase en strooi oor die aartappels, geur met sout en peper, en voeg dan nog ’n laag aartappel by. Hou aan lae pak tot dit talle lae diep is.
  2. Meng die room en knoffel in ’n beker. Giet dit oor die lae aartappels. Geur die aartappels en druk dit in die pan af. Verkoel 30 minute.
  3. Bak die aartappels 45 minute of tot halfgaar en kyk met ’n vurk of dit deurgaar is.
  4. Haal die aartappels uit die oond en rangskik die tamatieskywe bo-op. Geur die tamaties met pietersielie, sout en peper.
  5. Sit terug in die oond en bak 15 minute of tot heeltemal gaar.
  6. Sit warm voor saam met ’n slaai.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander