Shanleigh House van Riebeeckstad in die Vrystaat het hierdie resep met ons gedeel.

LEWER 1 TERT VAN 24 CM

Bereiding: 30 minute

Baktyd: 45 minute

Kors

125 g botter, gerasper

125 g cheddarkaas, gerasper

250 ml (1 k) koekmeel

knippie sout

Vulsel

30 g botter

5 preie, fyn gekap

1 ui, fyn gekap

250 ml (1 k) broccoli, in groot stukke gekap

3 eiers, geklits

250 ml (1 k) room

15 ml (1 e) ongegeurde jogurt

15 ml (1 e) mayonnaise

30 ml (2 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) vars orego, gekap

5 ml (1 t) vars tiemie, gekap

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n tertbord van 24 cm.

  1. Kors Meng die botter, kaas, meel en sout goed.
  2. Voer die gesmeerde tertbord daarmee uit en hou eenkant.
  3. Vulsel Verhit die botter in ’n pan en braai die preie, ui en broccoli 5 minute.
  4. Meng die res van die bestanddele en voeg die gebraaide groente daarby.
  5. Skep op die kors en bak 45 minute of tot die deeg gaar is en die vulsel gestol het.
  6. Sit voor met slaai.