Genoeg vir 3-4 mense

Bereiding: 10 minute

Kooktyd: 35 minute

1 botterskorsie

sout

olie

15 ml (1 e) groente-aftrekselpoeier

1 ui, fyn gekap

50 g botter

375 g Arborio-rys

100 ml witwyn

vars roket en 50 g vars parmesaankaasskaafsels

Voorverhit die oond tot 200° C.

Skil die botterskorsie dun af met ’n aartappelskiller, halveer en skep die pitte uit.

Behou die skille.

Sny in klein blokkies, pak in ’n oondpan en geur ligweg met sout.

Sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en oondbraai tot sag.

Hou eenkant.

Plaas intussen die botterskorsieskille in ’n pot, bedek met water en voeg die aftrekselpoeier by.

Kook tot sag.

Maak fyn met ’n stokmenger en gebruik as aftreksel by die risotto.

Verhit nog ’n bietjie olie in ’n groot pan of pot en roerbraai die ui daarin tot sag.

Voeg die botter en rys by en roer met ’n houtlepel tot die rys oral met botter bedek is.

Voeg die wyn by en verhit tot verdamp.

Verlaag die hitte effe.

Voeg dan soplepels vol van die groente-aftreksel by die rysmengsel.

Roer elke keer goed en verhit tot al die vloeistof verdamp het voor jy die volgende sarsie byvoeg.

Kook tot die rys net-net sag is (dit neem sowat 15-20 min.).

Roer die botterskorsie by, verhit tot warm en sit voor met vars roket en parmesaankaas-skaafsels.