GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 30 min.

500 g winkelbrooddeeg, by kamertemperatuur

15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

VULSEL

1 botterskorsie

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) olyfolie

50 g roketblare

1 rooi-ui, in skyfies gesny

JOGURT

125 ml (½ k) jogurt

knippie komyn

5 ml (1 t) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verdeel die deeg in 4 gelyke dele en rol in sirkels op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
  2. Verhit die olie en botter in ’n kleefvrye pan en braai die brood aan albei kante tot plekplek verbruin. Sit die
  3. broodjies op ’n bakplaat en bak nog 5 min. tot gaar.
  4. Vulsel Sny die botterskorsie in die lengte in skywe, versprei op ’n bakplaat, geur met die sout en peper en meng die olie deur. Rooster 30 min. of tot goudbruin om die kante.
  5. Jogurt Meng die jogurt, komyn en sap.
  6. Pak die botterskorsie, roketblare en ui in die middel van ’n broodjie, sit ’n skeppie jogurt op die broodjie en vou toe. Herhaal met die res.