Ons het repe hoender by die geurige gereg gevoeg. Sodoende kan jy die kinders sover kry om hul groente te eet.

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

1 middelslag-botterskorsie, geskil en in blokkies gesny

10 ml (2 t) olyfolie

5 ml (1 t) vars knoffelpasta

15 ml (1e) fyn komyn

15 ml (1 e) fyn koljander

sout en peper na smaak

500 g spinasie, fyn gekap

30 ml (2 e) gemaalde amandels

125 ml (½ k) vars room gemeng met 15 ml (1e) mielieblom

4 beenlose hoenderborsies, in repe gesny

Kook die botterskorsie in soutwater, dreineer en laat afkoel.

Verhit die olie in ’n kastrol, voeg die knoffel, speserye en gekapte spinasie by, en roerbraai ’n paar minute.

Voeg die botterskorsie, amandels en vars room by, meng en roer goed. Geur met sout en peper na smaak.

Braai die hoenderrepe in botter en voeg dit by die botterskorsie-mengsel. Sit met rys voor.

Wenk: Jy kan die hoenderrepe met bees- of varkvleisrepe vervang.

Volg Huisgenoot op Twitter.