Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45 min.

500 g botterskorsie, in stukke gesny

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) botter

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) heel brijanispeserye

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) garam masala

10 ml (2 t) blaarmasala

250 ml (1 k) basmatirys, gaar

125 ml (½ k) groenteaftreksel

VIR VOORSIT

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

4 poppadoms

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Versprei die botterskorsie op ’n bakplaat, besprinkel met die olie en geur met die sout en peper. Oondbraai 25-30 min. tot gaar. Verhit die botter in ’n vlak pot, braai die uie tot gekaramelliseer, voeg die knoffel by en roerbraai effens. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Meng die rys deur en voeg die aftreksel by. Laat prut ’n paar minute.
  2. Voeg die botterskorsie by en meng liggies. Geur met die sout en peper.
  3. Vir voorsit Sit voor saam met die jogurt, poppadoms en vars koljanderblare.