Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

TORTILLA-ROLLE

10 ml (2 t) olyfolie

1 groot ui, gekap

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

7 ml (1½ t) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) fyn komyn

3 groot tamaties, geskil en gekap

1 blik (400 g) rooi nierbone

1 blik (400 g) heelpitmielies

60 ml (¼ k) natuurlike jogurt

1 jalapeño-brandrissie, gekap

knippie sout en peper

4 tortillas

125 ml (½ k) gerasperde verminderdevet-

Cheddarkaas

TAMATIE -SALSA

2 tamaties, ontpit en gekap

60 ml (¼ k) gekapte rooi-ui

1 jalapeño-brandrissie, gekap

15 ml (1 e) gekapte koljander

5 ml (1 t) lemmetjiesap

1 avokado, in blokkies gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. TORTILLA-ROLLE Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die ui en knoffel daarin tot sag. Voeg die geurmiddels en helfte van die tamaties by en meng deur.
  2. Dreineer die bone en mielies en meng met die jogurt. Roer saam met die brandrissie by die tamatiemengsel, geur met sout en peper en verhit tot warm.
  3. Verdeel die mengsel tussen die 4 tortillas. Rol elke tortilla op en pak in ’n bak. Skep die orige tamatie oor en besprinkle met kaas. Bedek met tinfoelie en bak sowat 15 minute tot die kaas gesmelt het.
  4. TAMATIE-SALSA Meng al die bestanddele saam en sit voor saam met die tortillas.