Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

45 ml (3 e) botter

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) droë gemengde kruie

5 ml (1 t) paprika

sout en vars gemaalde swartpeper

2 wortels, gerasper

1 blik (410 g) heel geskilde tamaties

750 ml (3 k) water

250 ml (1 k) polenta

30 ml (2 e) botter

125 ml (½ k) gerasperde kaas

1 blik (400 g) borlotti-bone

hand vol pietersielie, gekap

1 Smelt die botter in ’n groot kastrol en soteer die ui, knoffel, kruie, paprika, sout en peper tot die ui sag is. Voeg die wortels en tamaties by, verminder die hitte en laat prut 15 minute terwyl jy af en toe roer.

2 Gooi die water in ’n ander kastrol, geur met die sout en bring tot kookpunt. Gooi die polenta stadig in terwyl jy aanhoudend klits. Verminder die hitte en kook tot die polenta van die kante af begin wegtrek (sowat 45 minute). Roer die botter en kaas in. Bedek en sit eenkant.

3. Voeg die bone by die tamatiesous en laat prut oor lae hitte tot deurwarm. Sit voor oor die polenta.

- Hope Malau