Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45 min.

230 g maaskaas

500 ml (2 k) volroommelk

’n knippie cayenne

’n knippie neutmuskaat

sout en peper

300 g cheddar, gerasper

200 g blomkool, geblansjeer

250 g spekvleis, gekap en gebraai

30 g botter

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Puree die maaskaas, melk, cayenne, neutmuskaat en sout en peper in ’n verwerker. Hou 60 ml (¼ k) gerasperde kaas eenkant vir bolaag. Meng oorblywende gerasperde kaas, melkmengsel, blomkool en spekvleis in ’n groot bak. Giet in die voorbereide pan en bak 30 min.
  2. Roer liggies, strooi die orige kaas oor en stippel met botter. Bak nog 15 min. tot verbruin.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander