Hierdie treffer-sop neem 15 minute van die stoof tot op die tafel.

Lewer 6 porsies.

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gekap

4 wortels, gerasper

2 blikke (410 g elk) heel geskilde tamaties

1,75 L (7 k) groente-aftreksel

2 bossies (sowat 60 g) roket, gekap

sap van 1 suurlemoen

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die botter en olie in ’n kastrol en braai die ui en wortels daarin tot sag.

Voeg die tamaties en aftreksel by, verhit tot kookpunt en laat prut 10 minute.

Voeg die roket by en verwyder van die hitte.

Verpulp (’n staafmenger werk die beste) en geur met die suurlemoensap en sout en peper na smaak.

Sit voor met vars korserige brood.

Foto: Misha Miles

Volg Huisgenoot op Twitter.