Sit voor as ligte ete of as deel van ’n teetafel.

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

Genoeg vir 4-6 mense

ROLLADE

60 ml (¼ k) botter

180 ml (¾ k) koekmeel

500 ml (2 k) melk

2 ml (½ t) sout

4 eiers, geskei

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

250 g broccoli, fyn gekap

VULSEL

30 ml (2 e) olie vir braai

1 ui, gekap

250 g sampioene, skoongevee en opgekap

100 g spekvleis, fyn gekap

4 stingels grasuie, fyn gekap

20 ml (4 t)  vars pietersielie, fyn gekap

125 ml (½ k) soetbrandrissiesous

60 ml (¼ k) dik room

100 g (1 wiel) fetakaas, gekrummel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n rolkoekpan en voer uit met bakpapier.

ROLLADE

Berei ’n witsous van die botter, meel, melk en sout en laat afkoel.

Klits die eiergele goed en roer saam met die kaas en broccoli by die witsousmengsel in.

Klits die eierwitte styf en vou by die witsousmengsel in.

Versprei die mengsel eweredig in die pan en bak 30-35 minute.

VULSEL

Verhit intussen die olie in ’n pan en soteer die ui, sampioene en grasuie, tot die ui sag is.

Dreineer, skep in ’n mengbak en meng met al die ander vulselbestanddele.

AFRONDING

Keer die rollade uit op ’n skoon doek wat met bakpapier bedek is en rol op met die vadoek en al.

Laat afkoel.

Rol weer af, smeer die vulsel egalig oor en rol weer op.

Plaas op ’n opdienbord en versier met pietersielietakkies.

- Berei deur Carmen Hendricks