Lewer 1 groot platbrood, genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 15 min.

Bak: 20-30 min.

BROOD

500 ml (2 k) lensiemeel of glutenvrye meelmengsel

15 ml (1 e) bakpoeier

’n knippie sout

15 ml (1 e) papawersade

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

1 groot eier

1 eierwit

30 ml (2 e) olie

BOLAAG

4 groot uie, in ringe gesny

’n paar takkies tiemie

4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny

15 swart olywe, ontpit

4 ansjovisfilette

20 ml (4 t) olyfolie

VIR VOORSIT

ekstra olywe, olyfolie en roketblare

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat.

  1. Brood Meng die meel, bakpoeier, sout en papawersade in ’n groot mengbak.
  2. Meng die jogurt, eier, eierwit, olie en 125 ml (½ k) water in ’n beker. Voeg by die droë bestanddele en roer tot net gemeng.
  3. Rol liggies uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot sowat 5 mm dik.
  4. Bolaag Plaas die brood op die bakplaat en druk die uie, tiemie, knoffel, olywe en ansjovis liggies in die brood. Drup die olyfolie oor.
  5. Bak sowat 20-30 min. of tot die brood gaar en goudbruin is.
  6. Vir voorsit Sit voor met die ekstra olywe, olyfolie en roketblare.