Bereiding 25 minute

Baktyd 2 uur en 15 minute

Lewer 12 snye

KORS

125 g waterbeskuitjies of gewone Provitas, gekrummel 30 ml (2 e) suiker

30 ml (2 e) margarien, gesmelt

VULSEL

2 eiers

125-160 ml (1/2-2/3 k) Sugalite of xilitol 50 g donkersjokolade, gesmelt

750 g gladde laevet-maaskaas

125 ml (1/2 k) vanielje-of natuurlike jogurt 80 ml (1/3 k) kakao

45 ml (3 e) koekmeel

kakao en aarbeie vir garnering

Voorverhit die oond tot 150 °C. Smeer ’n 20 cm­losboompan. Stuif met meel.

  1. Kors Meng die krummels, suiker en margarien saam en druk vas op die boom en effens teen die kante van die pan op.
  2. Vulsel Klits die eiers en versoeter. Voeg die gesmelte sjokolade by en meng goed.
  3. Meng die maaskaas en jogurt by.
  4. Sif die kakao en meel oor en vou in.
  5. Skep in die pan en bak 2 uur en 15 minute tot die vulsel net gestol, maar tog nog effens drillerig in die middel is.
  6. Laat afkoel. Sif ’n bietjie kakao oor en rangskik ’n paar aarbeie bo­op vir versiering indien verkies.

Foto: David Briers/Jacques Stander

Bron: Huisgenoot Smulgeregte vir Diabete-resepteboek

KLIK HIER om jou eie Huisgenoot Smulgeregte-resepteboek te bestel. (Ons aanlynwinkel open 15 Januarie 2016)