Bereiding 15 minute

Baktyd 1 uur

Verkoeltyd oornag

Lewer 1 kaaskoek (16 dun snytjies)

KORS

125 ml (1/2 k) geroosterde klapper 125 ml (1/2 k) fyn amandels

1 eierwit, effens geklits tot skuimerig 15 ml (1 e) xilitol of Sugalite

VULSEL

4 eiers

80 ml (1/3 k) xilitol of Sugalite

1 bakkie (230 g) gladde maaskaas, gedreineer

1 bakkie (230 g) roomkaas

10 ml (2 t) vars suurlemoensap

2 ml (1/2 t) fyn gerasperde suurlemoenskil 15 ml (1 e) tapiokameel (opsioneel)

BESSIE-COMPOTE

200 g bevrore gemengde bessies

45 ml (3 e) xilitol of Sugalite

Voorverhit die oond tot 160 °C. Spuit ’n 20 cm-losboompan met kossproei.

  1. Kors Meng die klapper, amandels, eierwit en xilitol of Sugalite tot ’n klewerige mengsel en druk onder in die pan vas.
  2. Vulsel Klits die eiers en xilitol of Sugalite saam tot lig. Meng die res van die vulsel- bestanddele by en skep op die kors.
  3. Bak 1 uur tot stewig en nog effens drillerig in die middel. Laat effens in die oond afkoel en plaas oornag in die yskas om heeltemal af te koel.
  4. Bessie-compote Kook die bessies en xilitol of Sugalite saam tot stroperig en laat afkoel. Skep oor die kaaskoek net voor jy dit voorsit. (Baie gesondheidskokke meen Sugalite werk beter as xilitol wanneer dit by gebak kom.)

BRON: Huisgenoot Lae-koolhidraatresepteboek

KLIEK HIER om jou eie resepteboek te bestel (ons aanlynwinkel open 15 Januarie 2016)

010915HGS001LOWCARBR.pdf