Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 35 min.

300 g glutenvrye meel

30 ml (2 e) versoeter

50 g botter, gesmelt en afgekoel

1 eierwit

30 ml (2 e) water

VULSEL

4 eiers

60 ml (¼ k) versoeter

300 ml room

300 ml melk

5 ml (1 t) vanieljegeursel

BOLAAG

125 ml (½ k) room

200 g donkersjokolade, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Blits die meel en versoeter in ’n verwerker tot dit die tekstuur van broodkrummels het. Voeg die botter, eierwit en water by en blits tot gemeng.
  2. Gooi die mengsel in ’n tertpan en voer die bodem en kante uit. Sit 15 min. in die vrieskas. Plaas dan op ’n bakplaat en bak 10 min.
  3. Vulsel Verlaag die oondtemperatuur tot 150 °C. Klits die eiers en versoeter in ’n groot bak.
  4. Giet die room en melk in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die eiermengsel  en vanieljegeursel by terwyl jy klits.
  5. Giet die vla oor die basis en bak 25 min.
  6. Bolaag Gooi die room in ’n pot en bring tot kookpunt. Plaas die sjokolade in ’n bak en gooi die room oor. Roer tot glad. Giet oor die vla en sit 2 uur eenkant voor jy dit voorsit.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller/Jacques Stander