Bereiding 15 minute

Baktyd 20-30 minute

Lewer 1 groot platbrood (6-8 porsies)

BROOD

500 ml (2 k) lensiemeel of glutenvrye meel- mengsel (lees die wenk hieronder)

15 ml (1 e) bakpoeier

knypie sout

15 ml (1 e) papawersade

125 ml (1/2 k) natuurlike jogurt

1 groot eier

1 eierwit

30 ml (2 e) olie 125 ml (1/2 k) water

BOLAAG

4 groot uie, in ringe gesny

paar takkies tiemie

4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny 15 swartolywe, ontpit

4 ansjovisfilette

20 ml (4 t) olyfolie

ekstra olywe, olyfolie, balsemieke asyn, roketblare en olyftapenade vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat.

  1. Brood Meng die meel, bakpoeier, sout en papawersade in ’n groot mengbak.
  2. Meng die jogurt, eier, eierwit, olie en water in ’n beker. Voeg by die droe¨ bestanddele en roer tot net gemeng.
  3. Rol liggies uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot sowat 5 mm dik.
  4. Bolaag Plaas die brood op die bakplaat en druk die uie, tiemie, knoffel, olywe en ansjovis liggies in die brood. Drup die olyfolie oor.
  5. Bak 20-30 minute of tot die brood gaar en goudbruin is.
  6. Sit voor saam met die ekstra olywe, olyfolie, balsemieke asyn, roketblare en olyf- tapenade.

Wenk: Jy kan glutenvrye meel in jou supermark se meel- of gesondheidsafdeling of in gesond- heidswinkels kry.

Foto: David Briers/Jacques Stander

Bron: Huisgenoot Heerlik Sonder Gluten-resepteb0ek

Klik hier om die resepteboek te bestel (Ons aanlynwinkel open 15 Januarie 2016).