Bereiding 20 minute

Baktyd 30 minute

Afkoeltyd 15 minute

Lewer 2 kleinerige koekbroodjies van 10 snytjies elk

olie vir smeer

kakao vir sprinkel

400 g eiervrug, geprik met ’n vurk

400 g donkersjokolade (70%), in stukkies gebreek 50 g kakao van goeie gehalte

60 g gemaalde amandels

3 eiers

200 g rou heuning

10 ml (2 t) bakpoeier

2 ml (1/2 t) seesout

10 ml (2 t) brandewyn

kakao en sjokoladestukkies vir afronding

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee klein broodpannetjies of ’n losboom-koekpan van 23 x 7 cm met olie en sprinkel kakao daarin.

  1. Verhit die eiervrug sowat 15 minute of tot heeltemal sag in die mikrogolf. Verwerk dit in die voedselverwerker tot ’n gladde puree.
  2. Voeg die sjokolade by die eiervrug in die bak en meng tot die sjokolade gesmelt het.
  3. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  4. Giet in die voorbereide pan(ne) en bak 30 minute.
  5. Laat 15 minute afkoel in die pan(ne) en keer dan op ’n draadrak uit. Laat afkoel.
  6. Sprinkel sjokoladestukkies oor en sif kakao oor voor jy dit voorsit.

Foto: David Briers/Jacques Stander

Bron: Huisgenoot Heerlik Sonder Gluten-resepteboek

Klik hier om die resepteboek te bestel (Ons aanlynwinkel open 15 Januarie 2016).