Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

Marineer: 30 min.

6 hoenderborsfilette

MARINADE

2 knoffelhuisies, fyngedruk

skil en sap van 1 suurlemoen

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

5 ml (1 t) paprika

’n milde knippie sout

SOUS

150 ml karringmelk

80 ml (? k) gerasperde cheddarkaas

5 ml (1 t) worcestersous

5 ml (1 t) paprika

2 knoffelhuisies, gekap

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

’n hand vol vars pietersielie

’n knippie sout

VIR AFROND

200 g spekrepe

6 groot bruin sampioene

’n hand vol bronkors

  1. Sit die hoenderborsies tussen twee velle kleefplastiek en slaan met ’n rolstok plat. 2
  2. Plaas in ’n nie-metaalbak.
  3. Marinade: Meng die bestanddele. Bedek die hoender heeltemal met die marinade en los 30 min. in die yskas.
  4. Sous: Meng al die bestanddele tot glad.
  5. Verhit ’n roosterpan en braai die hoender 10 min. of tot deurgaar.
  6. Vir afrond: Bak die spek in die roosterpan tot bros weerskante.
  7. Braai die sampioene in ’n droë pan 2 min. weerskante.
  8. Pak ’n sampioen op elke bord en bedruip met ’n bietjie van die sous.
  9. Bedek met die bronkors, ’n hoenderborsie, spek en nog sous.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander