Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45 min.

4-6 hoenderporsies

sout en vars gemaalde peper

4 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) gedroogde, gemengde Italiaanse kruie

250 g gemengde sampioene

250 g kersietamaties

15 ml (1 e) olyfolie

’n hand vol vars basilie

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Geur die hoender met sout en peper. Vryf die knoffel en gedroogde kruie oor die hoender.
  2. Sny die knoffel bol in die helfte en sit onder in die oondbak. Pak die hoender bo-op en rooster ’n halfuur.
  3. Versprei die sampioene en kersietamaties tussen-in. Sprinkel die olyfolie oor en rooster nog ’n kwartier tot die hoender goudbruin en gaar is.
  4. Sprinkel vars basilie oor en sit voor saam met soetmielies.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan