SLAAISOUS

15 ml Dijon-mosterd

30 ml olyfolie

45 ml witwynasyn

45 ml koue beesvleisaftreksel

5 ml suiker

2 ml sout

1 ml vars gemaalde swartpeper

SLAAI

250 ml Knockwurst, klaar gaar

1 middelslag-ui, in dun ringe gesny

2 groot of 4 klein dille-agurkies, dun gesny

40 ml kappertjiesaad

gekapte, vars pietersielie

2 hardgekookte eiers, in dun skywe gesny

gemengde slaaiblare

SLAAISOUS

Klits die mosterd, olyfolie, asyn, aftreksel, suiker, sout en peper in ’n mengbak tot goed gemeng.

SLAAI

Sny die wors in repies van 4 cm lank.

Voeg die ui, agurkies, kappertjiesaad en slaaisous by die wors en meng liggies.

Laat minstens 2 uur in die yskas staan sodat die geure kan vermeng.

Roer die pietersielie en eierskyfies in, skep die slaai op slaaiblare en geniet saam met rogbrood.

Genoeg vir 4 mense.