Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 6 mense

250 g botterskorsie, in blokkies gesny

45 ml (3 e) water

45 ml (3 e) suiker

750 ml (3 k) groenteaftreksel

500 ml (2 k) koeskoes

30 ml (2 e) olie

1 vinkelknol, fyn gekap

2 uie, fyn gekap

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

100 g sampioene, in skywe gesny

250 ml (1 k) bosbessies

250 ml (1 k) rosyne

Slaaisous

125 ml (½ k) olyfolie

5 ml (1 t) rooipeper

2,5 ml (½ t) brandrissievlokkies

15 ml (1 e) fyn komyn

45 ml (3 e) tamatiepuree

30 ml (2 e) appelwynasyn

sout en peper, na smaak

1.    Plaas die botterskorsie saam met die water en suiker in ’n pot oor hoë hitte. Verminder die hitte tot prutpunt en kook 10 minute of tot sag.

2.    Bring die aftreksel tot kookpunt in ’n pot. Gooi die koeskoes in ’n droë pan oor matige hitte en roer tot effens verbruin. Gooi dit in ’n kastrol uit en giet die kokende aftreksel bo-oor. Roer om seker te maak dis egalig klam en bedek met ’n deksel.

3.    Haal ná 10 minute die deksel af en vlok met ’n vurk. Klits al die slaaibestanddele tot goed gemeng.

4.    Plaas ’n pan met olie oor matige hitte. Voeg die vinkel, uie en soetrissie by. Soteer tot die uie deurskynend is, roer die sampioene in en kook tot die sampioene sag is.

5.    Meng die bosbessies en rosyne in en meng alles. Bedruip met slaaisous.