4 hoenderborsies met vel

sout en peper

CROUTONS

½ Franse brood (of enige ander brood), in stukke geskeur

15 ml (1 e) olie

SLAAISOUS

125 ml (½ k) olyfolie

35 ml witwynasyn

20 ml (4 t) heuning

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

SLAAI

cos-slaaiblare

60 ml (¼ k) gerasperde harde Italiaanse kaas

Verhit die oond tot 190 °C.

  1. Geur die hoender met die sout en peper en oondbraai 40-50 minute tot gaar. Sny in skywe.
  2. Croutons Meng alles en rooster by 230 °C tot goudbruin.
  3. Slaaisous Meng alles.
  4. Slaai Pak al die bestanddele op ’n slaaibord, giet die slaaisous oor en sit voor.