Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

375 ml (1 ½ k) gort

SLAAI

2 groot eiervrugte, in skywe gesny

45 ml (3 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

200 g kersietamaties, gehalveer

1 rooi-ui, in skyfies gesny

30 g vars basilie

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) olyfolie

30 ml (2 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Kook die gort gaar volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en hou eenkant.
  2. Slaai Sprinkel die eiervrugte met die olyfolie en geur goed met die sout en vars gemaalde peper. Versprei op ’n bakplaat en bak 25-30 min. tot gaar en effens bruin.
  3. Slaaisous Meng die olie, sap en strooisuiker. Skep die gort in ’n mengbak, giet die slaaisous oor, geur met die sout en peper en meng goed.
  4. Meng die eiervrugskywe en die res van die bestanddele met die gort en sit voor met suurlemoenwiggies.