Die calamari kan vervang word deur oondgeroosterde of gebraaide stokvis. Vlok rofweg en meng liggies deur die slaai.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20-25 min.

250 g repiespek

15 ml (1 e) olyfolie

4 calamari-steaks, in repe gesny

15 ml (1 e) suurlemoenpeper

1 kop slaaiblare

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) olyfolie

30 ml (2 e) rooiwynasyn

1 knoffelhuisie, fyngedruk

5 ml (1 t) Dijonmosterd

5 ml (1 t) vissous

Voorverhit die oond tot 230 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Pak die spek in ’n enkellaag op die bakplaat en braai 10-12 min. of tot bros in die oond. Hou eenkant.
  2. Verhit die olyfolie in ’n pan, geur die calamari met die suurlemoenpeper en braai in sarsies in die olie tot gaar en nie meer glaserig of deurskynend nie.
  3. Slaaisous Klits alles goed saam en giet oor die calamari.
  4. Pak die slaaiblare op ’n slaaibord en stapel die calamari en spek bo-op. Giet die orige slaaisous oor. Sit voor saam met geskroeide suurlemoene.