Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 15 minute

Gaarmaaktyd: 20-30 minute

8 klein bete

100 g babaspinasieblare

30 g roket

olyfolie vir bedruip

sout en vars gemaalde swartpeper

200 g fetakaas, grof gekrummel

slaaisous van jou keuse

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Skrop die bete skoon en bedek elke beet met ’n stukkie foeilie.

3. Sit die foeliepakkies op ’n bakplaat en bak 20-30 minute of tot sag.

4. Verwyder die foelie en halveer die beet. Hou eenkant en laat afkoel.

5. Snipper die spinasie en roketblare. Klam dit aan met olyfolie en geur met sout en peper.

6. Pak die beet en fetakaas bo-op die blare en besprinkel met slaaisous.

Foto: David Briers