Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 2 minute

10 vye, gehalveer

150 g fetakaas, gekrummel

150 g pekanneute, gekap en gerooster

150 g roketblare

1 komkommer, met ’n groenteskiller in linte gesny

SLAAISOUS

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

60 ml (¼ k) olyfolie

15 ml (1 e) witwynasyn

sout en vars gemaalde swartpeper

1.    Rooster die neute twee minute in ’n pan oor hoë hitte terwyl jy gereeld roer. Verwyder en sit eenkant.

2.    Slaaisous: Plaas al die bestanddele in ’n bak en klits tot goed gemeng.

3.    Rangskik die vye op ’n platbord. Strooi die fetakaas en geroosterde neute oor en omring met die roket en komkommerlinte.