Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

STROOP

250 ml (1 k) water

250 ml (1 k) suiker

1 vanieljepeul, in die lengte gehalveer en die saadjies uitgeskraap

250 ml (1 k) vars mentblare, grof gekap

VRUGTESLAAI

8 kiwivrugte, geskil en in stukke gesny

250 g vars aarbeie, gehalveer

6-8 nektariens, in skywe gesny

room of Griekse jogurt

STROOP Verhit die water, suiker en vanieljesaadjies en -peul in ’n kastrolletjie. Roer tot die suiker opgelos is. Giet oor die mentblare en laat heeltemal afkoel.

VRUGTESLAAI Pak die vrugte in lae in ’n diep glasbak en giet die stroop oor.

Laat afkoel en sit voor met room of jogurt.