Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

500 g volstruissteak

30 ml (2 e) brandewyn

15 ml (1 e) rooiwynasyn

15 ml (1 e) balsemieke asyn

sap van 1 suurlemoen

15 ml (1 e) worcestersous

5 ml (1 t) sterk sous

½ rooi-ui, in dun skywe gesny

’n hand vol ontpitte groen olywe

200 g kersietamaties, gehalveer

sout en peper

’n hand vol pietersielie

60 ml (¼ k) gegeurde roomkaas

  1. Skroei die ongegeurde steak in ’n pan oor hoë hitte tot goed verbruin weerskante en liggaar tot halfgaar, sowat 4 min. weerskante. Giet die brandewyn in en beweeg die steak rond om dit met die brandewyn te bedek.
  2. Haal die steak uit die pan en laat dit rus terwyl jy die ander bestanddele berei.
  3. Meng die asyne, suurlemoensap, worcestersous en sterk sous in ’n groot bak.
  4. Voeg die rooi-ui, olywe en tamaties by. Geur na smaak. Sny die vleis teen die grein in skywe. Rangskik die pietersielie, roomkaas, tamatiemengsel en steak op ’n platbord.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander